Lamola sê: Vierkleur moet waai! Of het hy bedoel wapper?
Fun with flags... the Boer edition. This video is an educational video to help people understand the difference between some of the flags in South Africa. Ps... my engels is nou op tot na die winter ?? ... https://www.youtube.com/watch?v=wWqOvPqbzcI
Die Kleinfontein Kultuurbeweging en die Calvinistiese Alliansie het 'n kultuuraand gereël wat op 14 Mei 2021 te Kleinfontein plaasgevind het.
Die program het soos volg verloop:
OPENING
SKRIFLESING, BOODSKAP EN GEBED
Ds. Olof van Rooyen
VERWELKOMING
Andries Breytenbach
BEKENDSTELLING VOLKSEIE MUSEUM
Andries Breytenbach
1 - SANGNOMMER
I'm Abendrot/Romanze
Bets Botha
2 - TJELO VOORSPEL
Panis Angelicus/Serenade
Adrianna Botha
3 - SANGNOMMER
“U Woord is 'n lig en 'n Pad”
Jacomien Fryer
4 - SANGNOMMER
I Dreamt I Dwelled in Marble Halls uit The Bohemian Girl/
Heut bin ich Ehefrau uit Der Graf von Luxemborg
Bets Botha
5 - SANGNOMMER
“Kom na my toe”
Genis familie sanggroep
6 - SANGNOMMER
Sluimer beminde/Ou Magjaar se liedjie
Bets Botha
7 - SANGNOMMER
“Bist du be mir”
Jacomien Fryer
8 - SANGNOMMER
Sluimer lied/Moeder
Bets Botha
9 - TJELO NASPEL
Die swaan/ Estrelita
Adrianna Botha
10 - VOORLESING
'n Briefie van Klein Jan
Lou Erasmus
BEDANKINGS
Marius Bosch
AFSLUITING
Boodskap/Gebed
Ds. Marius Hartzenberg
EERSTE EN VIERDE STROFE VAN DIE STEM
Volksgenote teenwoordig
VERVERSINGS
...
https://www.youtube.com/watch?v=MCPb-cP45HQ
Betaal jou Gelofte. Moet ek spuit of nie spuit nie? Die geloofwaardigheid van n Geelgriep matrieksertifikaat. Ontmoet vir Petrus, die wildebloubees.
...
https://www.youtube.com/watch?v=OwCK-Ceyd18
Nie oor die Drakensberge of deur riviere nie, maar op die pad van Clarens na Parys, sal jy Saterdag, 7 Mei 18 ossewaens sien – op sleepwaens gelaai onderweg na die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)) se Udolpho vakansieplaas net buite Parys.
Die FAK het die hele ossewakamp wat voorheen besoekers van heinde en verre na die skilderagtige Vrystaatse dorp Clarens gelok het, gekoop om hier by Udolpho net buite Parys te vestig as die nuutste toevoeging tot akkommodasiefasiliteite op die vakansieplaas.
Vir die Groot Trek met die 18 waens sal vrywilligers help om die spreekwoordelike waens deur die drif te trek.
Die motors met sleepwaens met hul kosbare vrag sal van Clarens via Bethlehem, Reitz, Petrus Steyn, Heilbron, Deneysville, en Sasolburg, ry om uiteindelik Saterdagmiddag, 7 Mei op Udolpho net buite Parys aan te kom.
Elke deelnemer aan die Groot Trek gaan ‘n Voortrekker bynaam hê, vertel Jan Danie Malan, die FAK se kultuurorganiseerder in die Vrystaat.
Hyself sal die naam Paulus van Gass gebruik. Paulus was ‘n Trekker-seun wat saam met Hans Dons de Lange op ‘n verkenningstog gegaan het. By die Tugela het hy afgedwaal van die kommando en het vir bykans twee jaar in die veld oorleef. Die skrywer Gustav Preller het ‘n mondelingse vertelling van Paulus van Gass neergepen, en het die skrywer FA Venter, ‘n roman, “Die Wit Oemfaan” geskryf, wat op sy lewensverhaal gebaseer is.
Elke vrywilliger het ‘n unieke Trek posisie, vertel Jan Danie. Daar is die hoofkommandant, trekkommandante, laaimeesters, touleiers, staatmakers, kampkokke en selfs ’n strafsersant vir die wat skeeftrap. Daar sal ook ‘n Minora-wisseltrofee gegee word vir die skerpste tong tydens die trek.
Die ossewa-kamp storie:
Ollie Esplin, wat die ossewa-kamp op Clarens bedryf het, vertel dat die kampstorie oorspronklik by sy skoonpa, Gerhard Wille, begin het. Hy was ‘n veteraan trekkerversamelaar wat soos wat hy rondgegaan het op plase, ossewaens aangekoop het waar hy ook al een sou teëkom.
In die laat tagtigerjare het hy op sy wildsplaas en saaiboerdery op die plaas Hoekfontein in die Ficksburg-distrik, begin om agt van die waens wat hy oor tyd bymekaar gemaak het, in ‘n laer te trek en te verhuur as akkommodasie. In die waens wat eintlik transportwaens is, kan tussen vier en agt persone slaap, en is daar selfs ’n “wittebrood-wa”
Die waens het letterlik van oor die land gekom – een van hulle is een van net drie wat dateer uit die 1800’s wat nog bestaan, nadat meeste ossewaens tydens die Anglo Boere-oorlog aan die brand gesteek is.
Die res van die waens dateer meestal uit die vroeë 1900’s en word die waens in die kamp ook gelys in ‘n boek van prof. Erik Holm.
Die presiese datum waarop elke wa gebou is, die wa-maker se naam en die plek vanwa
...
https://www.youtube.com/watch?v=7NdZKsU7K7A
Genl Chris van Zyl gesels oor 'n paar punte wat boere kan doen om paraat en voorbereid te wees met hierdie feesseisoen. 'n Deeglike gebeurlikheidsplan is ook noodsaaklik.
#Boermedia #TLUSA #Veiligheid #Plaasaanvalle
...
https://www.youtube.com/watch?v=pUiBFEtgcfM
Ek en Johan gesels oor hoe jy n groentetuin kan aanle en ander planne om so bietjie minder van die winkels afhanklik te wees.
...
https://www.youtube.com/watch?v=LTqrRRFnphA
“Mag jy op jou CV jok?” Wat sê die wet oor valse kwalifikasies en wat is die implikasies as jy uitgevang word dat jy nie die waarheid gepraat het oor jou kwalifikasies nie.
...
https://www.youtube.com/watch?v=-aY0JRxjLK0