Waar kan jy verder gaan studeer in jou eie kultuur, taal en geloof? Prof Danny Nel verduidelik
Die Afrikaanse Protestantse Akademie bied hoër onderwys van hoogstaande gehalte. Daar is twee fakulteite: 1. Fakulteit Letter en Wysbegeerte 2. Fakulteit Teologie.
Kyk Kampvuurstories op Boermedia se Youtube kanaal en Facebook bladsy.
Kontak Boermedia om jou storie of grap aan ons te vertel - 064 400 4488 -
of adverteer op Kampvuurstories deur dieselfde nommer te skakel.
#afrikaans #stories #kampvuurstories #erfenis #grappe #boermedia #shorts
...
https://www.youtube.com/watch?v=s4k5eKq8zxI
Lig-In-Duisternis: In hierdie 2de episode gesels ons in INTROSPEKSIE met Danie Krügel, 'n oud SAP Kolonel wat misdade ondersoek het wat verband gehou het met okkultiese aktiwiteite.
Bestaan hierdie donker wêreld werklik nog in vandag se tyd?
Ons gee 'n gratis e-boek weg as jy vir ons 'n epos stuur na liginduisternis@boermedia.co.za. Hopelik sal hierdie boek jou innerlik versterk en lei na die enigste lig in hierdie wêreld.
#Boermedia #LigInDuisternis #Danie Krugel #Introspeksie
...
https://www.youtube.com/watch?v=G8jF-_p-8nQ
Die wet verplig jou om deel te neem aan die sensus opname, maar baie mense is skepties om met vreemde mense te gesels en inligting te deel...
As jy voor 30 Januarie registreer kan jy in die veiligheid van jou huis aanlyn die sensusvrae beantwoord!
Registreer hierso: https://getcounted.statssa.gov.za
...
https://www.youtube.com/watch?v=Mkpt7RhBttU
Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groeperingvan organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers,burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as
geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg.
Hierdie vergadering het plaasgevind op 29 Julie 2021.
...
https://www.youtube.com/watch?v=0E_Cfnh2qY4
Teen 13:00 het die geskiedenistoer by die Russiese Kerk in Midrand 'n kranslegging gedoen om ook die Russiese burgers wat saam met die Boere kom veg het te herdenk.
Die Russiese gemeente het ook verversings voorberei en is daar op 'n egte Russiese tradisie 'n VODKA drankie aan al die gaste gegee om saam te drink.
Die gasvryheid was iets besonders.
Ons sien ook uit na die boek wat handel oor die vriendskappe tussen die Boere en die Russe.
#Boermedia #Boereoorlog #Geskiedenis #Kultuur
...
https://www.youtube.com/watch?v=rhZTqqY5wsc
In hierdie onderhoud gesels ons oor:
- Danie Theron Krygskool in Kimberley;
- Waar het die Kommandostelsel begin, hoe het dit gelyk en hoekom het dit geëindig?
- Spesmagte
- Landbou
- Plaasaanvalle & -veiligheid
en ook oor die BELHAR-belydenis.
#Boermedia #Veterans #Veterane #Spesmagte #Plaasaanvalle
...
https://www.youtube.com/watch?v=O-zsAjayRPs
Beide van hierdie onderhoude word EKSKLUSIEF op Boermedia se Youtube kanaal gepubliseer. Ons moedig ons kykers aan om beide die onderhoude te kyk.
Hier is die Youtube skakel na die verskillende onderhoude:
- Dr Danie Langner se vollengte onderhoud:
https://youtu.be/Ff11o_U-5Zo
- Frik Wentzel se vollengte onderhoud:
https://youtu.be/q9yslGirCnI
Dr Danie Langner is die Uitvoerende Hoof van die Voortrekkermonument. 'n Gedenkdiens vir die bekende politikus en lid van die Zoeloe koninklike familie, wyle Prins Mangosuthu Buthelezi is op 15 September 2023 gehou, maar nie sonder omstredenheid nie. 'n Versoek was die Maandag ontvang en in die media-berig wat die Woensdagoggend uitgegaan het, was daar berig dat die gedenkdiens in die Senotaafsaal sou plaasvind op Vrydag die 15de September 2023. Dit is volgens Dr Danie Langner in hierdie onderhoud verkeerdelik berig, want dit is al die Woensdag besluit om dit nie in die Senotaafsaal te hou nie, maar eerder in die Krugersaal elders op die terrein.
Frik Wentzel en 'n groep "protestante" het 'n protesaksie geloods om hierdie gebeurtenis teen te staan.
Luister gerus saam na die onderhoude en hoor elkeen se hart en bepaal dan self oor hoeveel hulle saamstem en hoeveel hulle verskil. Laat weet ons in die kommentare hoe sou jy hierdie situasie hanteer het.
BOERMEDIA wil dit net egter duidelik stel aan ons kykers dat ons nie vir Frik Wentzel (protesgroep) en Danie Langner (VTM), wat ingewillig het om met ons te gesels, teen mekaar wil afspeel nie. Ons poog om in belang van ons volk hierdie onderhoude te voer.
Mag dit bydrae tot ‘n doelgerigte volkstrewe en eensgesindheid. Mag ons mekaar beter verstaan, respekteer en leer ken, sonder agterdog en wantroue.
As ‘n volk mag ons nie toelaat dat ons geabsorbeer word deur ‘n wêreldsisteem of -orde wat ons identiteit en geskiedenis van ons wil steel nie. Mag ons kultuurdraers bly begrond in die Woord van God!
Gesels gerus saam in die kommentare.
#boermedia #voortrekkermonument #geloftedag
...
https://www.youtube.com/watch?v=jFDmhi9NUek