Majuba Feesnaweek 2024 - Dit was vir die Majuba Boerevolktrust ’n voorreg om die naweek van 23 tot 25 Februarie 2024 weer die Majubafees saam met TLU SA te kon aanbied. Vir 2024 was TLU SA as gasheer aangewys en geskied die beplanning en organisasie van die fees met die bystand van die lede van TLU SA.
Die Majubafees is ’n unieke geleentheid om die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog te herdenk. Die fees neem die vorm van ’n kampnaweek aan waar volksgenote aan die voet van Majuba kampeer en die prag natuur en geskiedenis kan inneem en vier. Verskeie aktiwiteite word elke jaar in die program aangebied en kan feesgangers uitsien na skyfskiet, bergklim, cantus, Kanonskiet, jukskei, potjiekos-kompetisie, perdekommando, boeresport, ossewa, fakkelloop en vele meer.
Die Majubafees is daarvoor bekend dat, alhoewel alle ouderdomme tuis voel, groot getalle leerlinge en ander jeug die fees bywoon. Alhoewel verskeie aktiwiteite en items op die program verskyn neem die fees oor die algemeen die atmosfeer van ’n groot kuiergeleentheid tussen ons mense aan.
SKAKEL
079 274 7978
E-POS
besprekings@majubatrust.co.za
#boermedia #majubaberg
...
https://www.youtube.com/watch?v=3UBHpVjbAa4
Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groeperingvan organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers,burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as
geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg.
Hierdie vergadering het plaasgevind op 29 Julie 2021.
...
https://www.youtube.com/watch?v=dmTjSkICkxs
BOERE BEPLAN KLASAKSIE - 2019
1. Hierdie beplande klas-aksie is geweldig kompleks en sal ek ongelukkig weens die sensitiwiteit van die aangeleentheid nie alle aspekte op sosiale media kan bespreek nie, maar in kort die volgende:
2. Die Bewusmakings-komitee in Bultfontein het in Aug 2018 ontstaan met die visie om boere wat nie finansiering kon kry, by te staan met inset-kostes.
3. Deur groot genade het ons daarin geslaag om insette (saad, diesel ens) te bekom om ongeveer 26 000 ha sonneblom en mielies aan te plant indien die Liewe Vader aan ons reën skenk.
4. Die missie van ons komitee is om voortgesette hulp te bekom om hierdie boere sover moontlik by te staan om hul in staat te stel om weer op hul voete te kom.
5. Die klas-aksie het uit hierdie missie voortgespruit aangesien ons voortdurende deur instellings gedreig word en daar voortdurende eise aan ons boere gestel word deur hierdie instellings wat net onmoontlik is om aan te voldoen in hierdie omstandighede.
6. Die visie van hierdie klas-aksie is om die finansiële instellings deur die hof te nader om ons behulpsaam te wees in hierdie droogte ramp, aangesien ons as boere nie alleen die skuld en risiko kan dra in hierdie natuurramp nie.
7. Ek wil dit baie duidelik maak dat hierdie nie ń aksie is waarin ons alle skuld aangegaan ontken of alle blaam op die instellings wil plaas nie. Ons wil bloot die instellings so ver kry om ook hul aandeel in hierdie situasie te erken en om ons as boere met die nodige respek te behandel.
8. Die fynere besonderhede van hierdie aksie kan ongelukkig nie op hierdie stadium volledig behandel word nie en daarom sal ons ń inligtings vergadering belê waarheen elke streek ń afvaardiging kan stuur om meer inligting te bekom.
9. Ons het egter volledig ondersoek ingestel en is deur die regsverteenwoordigers meegedeel dat hier wel baie goeie meriete is om só ń aksie te loods.
10. Die regsverteenwoordigers is Pagel & Schulenburg van Rosebank Jhb en hulle word bygestaan deur adv Conraad Acker van die Jhb balie.
11. Hulle het baie ondervinding in bank aangeleenthede.
12. Die bankbesonderhede waarin donasies betaal kan word is:
Pagel Schulenburg Trust
ABSA
Tjek rek nr:
4054470877
Verwysing: BEWUS
Alle batalingsbewyse moet gestuur word na:
Johan Pienaar
juniorp@mweb.co.za
Lede van TLU kan ook hul bydrae direk aan TLU oorbetaal wat dit dan weer aan Pagel Trust rek sal oorbetaal.
Bankbesonderhede van TLU:
TLU Eiendomsreg Fonds
ABSA Silverton
Rek nr: 4050400686
Verw: BEWUS
Bewys van betaling moet gestuur word na:
fin@tlu.co.za asook aan juniorp@mweb.co.za
13. Hierdie aksie spruit voort uit geweldig baie navorsing wat die afgelope paar maande gedoen is en ons sal hierdie inligting met graagte op ń latere stadium met elkeen wil deel.
14. U is meer as welkom om my
...
https://www.youtube.com/watch?v=yWsoTMXbhGI
Om by hierdie inisiatiewe in te skakel, kontak gerus die volgende persone en hoor waar en hoe jy kan inskakel.
Dave Phelan
Oos Kaap Gemeenskap Veiligheidsinisiatief, Hoof koordineerder.
072 312 5747
Daniel Bezuidenhout
Gemeenskap Veiligheidsinisiatief en opleiding vir Projek Phoenix, Suid streek.
084 833 7727
...
https://www.youtube.com/watch?v=CSIpYhYuI7Y
Wees versigtig vir hoorsê. Inligting bestaan uit feitlik, vermoedelik en hoorsê.
Kyk die volledige video by hierdie twee skakels:
Deel 1: https://youtu.be/zrgM-prhex0
Deel 2: https://youtu.be/bwT2eJn8czM
...
https://www.youtube.com/watch?v=k8iF-qf98Cs
Boermedia bring vanaand se kampvuurstories vanaf die Boskombuis naby Rayton en Kleinfontein (oos van Pretoria). Hierdie is 'n inisiatief om ons erfenis te laat voortleef deur die stories wat vertel word. Ons lag lekker saam in hierdie program, maar soms kan ons ook ernstig raak wanneer ons terugdink aan ons geskiedenis.
Steek die vure aan en kuier lekker saam!
Adverteerders in hierdie episode:
- Boermedia vir videoproduksies en lewendige stroming;
- Cirrus Interkoelers - vir die selfdoen entoesias;
- Tonder Ingenieurswerke - vir die vervaardiging van enige masjien of toestel wat jou lewe kan vergemaklik.
Stuur jou stories wat jy self opneem op jou kamera vir ons na stories@boermedia.co.za of per whatsapp na 0644004488. Ons sal jou storie of grappie inspeel tydens 'n episode.
Om in Kampvuurstories te adverteer stuur vir ons 'n whatsapp na 0644004488 en ons sal jou skakel en die verskillende opsies bespreek. Ons is baie bekostigbaar en kan feitlik verseker dat jou handelsmerk raakgesien gaan word en jou besigheid sal groei.
#Kampvuurstories #Boermedia #Erfenis
...
https://www.youtube.com/watch?v=eAoN6aJtU48