Die perde het vandag, die 3de Desember, bietjie gerus. Môre trek hulle weer volstoom weg met hulle rit.
Elke bydrae help hierdie gedenkrit.
Bittereinder Kommando
ABSA
Tak kode: 632005
Rekening nommer: 9338 5672 96
KONTAK die volgende persone indien jy meer inligting benodig. ondersteuning wil gee of onderhoude met hulle wil voer.
1. Peet Dorfling 082 922 5691
2. Wilma Dorfling 078 705 6874
3. Johan Loubser 079 505 0193
4. Adina Loubser 082 859 6176
Sien jou in die LAER!
#boermedia #gedenkrit #bloedrivier #185stejaar #185
...
https://www.youtube.com/watch?v=NDDVH0NOG5I
Hendrik Botha en Floris Booysen was die hooforganiseerders van die massa-optog teen Plaasmoorde op Roedtan.
Boere is keelvol vir die aanslag teen hulle. Die optog het ten doele om ’n boodskap aan die regering oor te dra dat geweld teen boere nie so kan voortgaan nie.
Boere se taak in die ekonomie is om voedsel te produseer vir die burgers van die land, nie om gesinne op te pas nie en te beskerm teen kriminele nie.
Sulke optogte se enigste ander doel is om samehorigheid onder die boere te vestig en te laat groei. Hulle sal moet saamwerk om mekaar te beskerm. Die regering is afwesig by landelike veiligheid, die boere is op hulle eie en met hulle rug teen die muur.
...
https://www.youtube.com/watch?v=6YBmjieurT4
'n Volk is besig om op te staan. Meer as 20 000 daag op om die Gelofte te herdenk. Ons voorouers het geweet wat se verantwoordelikheid dit op die opkomende geslagte sou plaas. Raak ontslae van die toring-van-babel narratief, God het ons juis geskei om tale, families en nasies te moet wees. Luister mooi wat sê Danie Langner oor ons identiteit. Ons mag 'n volk wees!!
...
https://www.youtube.com/watch?v=pYO2dGfmZg4
Kampvuurstories is 'n informele storievertel program waartydens verskillende gaste die geleentheid gegun word om belewenis verhale, sages, mietes, geskiedkundige staaltjies, wolhaarstories en sommer net skaterlag-stories te vertel. Die doel van hierdie program is om weer 'n liefde vir ons kultuur en geskiedenis te kweek en die stories vir die nageslag op te teken. Met Afrikaans as aanbiedingstaal word ou uitdrukkings en gesegdes afgestof. Stories word deurspek met humor en die spontane reaksies van die gaste ontlok 'n glimlag by ieder-en-elk.
Hier is die skakel na die speellys van al die vorige Kampvuurstories op Youtube: https://www.youtube.com/playlist?list=PLfrApyS_EQkJHwelhqCH6dr7CoEHPKlkd
Kontak ons vir bemarkingsgeleenthede tydens Kampvuurstories se episodes. stories@boermedia.co.za
Ondersteun asb hierdie beisghede in hierdie episode:
1. Cirrus Coolers vir die selfdoen entoesias wat op die uitkyk is vir interkoelers vir sy bakkie of voertuig. www.ciruscoolers.com
2. Boer Cola - Hierdie heerlike Cola drankie is besig om baie groot veld te wen onder ons eie mense. Bestel gerus op www.boercola.com
3. Panelistic - Sonkrag, Sonpanele en alle tipe elektriese dienste. www.panelistic.online
Neem ook deel aan ons kompetisie deur vir ons jou grap of storie in te stuur. Die beoordelaars sal daarna kyk vir plasing en jy kan die kans staan om 'n prys te wen. Laat die stories inkom.
...
https://www.youtube.com/watch?v=hjoEXeGYI14
Voordat die Kongres begin gesels ons vinnig met Wannie Schribante oor hulle tema: Die 4 seisoene van Landbou.
TLU SA se nasionale kongres vind vandag 6 September 2023 plaas by die Voortrekkermonument. Volg TLU SA se blad vir meer inligting.
Ons sal ook deur die loop van die dag videos plaas met gesprekke van bestuur, boere of ander rolspelers.
“Dit is vir ons, as oudste landbou-organisasie in Suid-Afrika, ’n groot voorreg om vanjaar ons kongres op hierdie besonderse terrein aan te bied,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “Die geskiedkundige verbintenis is iets wat ons koester.”
TLU SA en die Voortrekkermonument het gesamentlik op 16 Februarie 2022 ‘n boom in die Trekroetetuin by die Bloukrans Monument geplant ter herdenking van diegene wat in die nag van 16 en 17 Februarie 1838 by Bloukrans en Weenen vermoor is, asook vir die slagoffers van plaasmoorde en landelike geweld in eie konteks. TLU SA nooi besoekers om dié terrein te besoek.
“Vir ons simboliseer die boom lewe en straal dit ook groeikrag en daadkrag uit met die daaglikse benutting van lewegewende vog vanuit diepgeankerde wortels,” sê Van Zyl. “Net so is ons boere diep geanker, ten spyte van plaasmoorde wat gesinne, plase en gemeenskappe se lewens onomkeerbaar verander, en put hulle krag uit hulle vaste geloof om hulle kultuuropdrag uit te leef.”
Vanjaar se kongrestema is “Die vier seisoene van landbou”. Dit verwys nie net na die uitdagings van die fisiese veranderende seisoene nie, maar ook die geestelike, moderne en politieke uitdagings wat landbou beïnvloed.
Die fluktuasies wat met die seisoenale skommelinge in landbou deel van die dag tot dag bestuur is het ons boere geskool om ook op ander terreine die uitkoms aan die anderkant van die vernietigende aanslae wat die lewe projekteer, betyds raak te sien en om dan daarop te fokus.
TLU SA bly toekomsgerig met die wete dat ons rentmeesters van die grond is en dus eintlik boer vir ons nageslag. Daarom word die toekoms ontgin gegewe die lesse wat ons vanuit die verlede en die hede geleer het.
“Wanneer ons by die boom in die Trekroetetuin staan word mens telkens stil oor die offer wat die mense wat voor ons hier was gebring het,” sê hy. “Mense wat nie net op die landbouterrein presteer het nie, maar ook op alle ander terreine geskep en gebou het, is die resultaat van ’n volk wat die verantwoordelikheid aanvaar van wat die lewe van ons elk vereis. Ons boere moet juis, gegewe die werklikhede van vandag, erkenning ontvang vir die rol wat hulle speel. Kommersiële boere is inderdaad die grootste bate waaroor ons land beskik en ons moet hulle koester.
#Boermedia #TLUSA #Landbou #Boere #TLUSAkongres
...
https://www.youtube.com/watch?v=yXuuaQDXJJI
In hierdie onderhoud met 'n jong Boerseun vanuit die De Aar omgewing hoor ons bietjie meer oor waar, hoe en wat hulle alles doen daar in die verte.
Luister gerus lekker saam.
#BoerToer #FluisterEkLuister #LeweKliphard #H2A
...
https://www.youtube.com/watch?v=Q2TV8GyKgCM