Dr Theo de Jager verduidelik hoe ons die wildboere kan help. #GaanJag #HierOmTeBly
Dr Theo de Jager verduidelik hoe ons die wildboere kan help. #GaanJag #HierOmTeBly Koop 'n wildspakket aanlyn. Tiekie Papenfus het die onderhoud gevoer.
"'n Skare van ongeveer 800 mense het op ons begin skiet...."
Frik verduidelik ons wat gebeur en lewer sy getuienis.
...
https://www.youtube.com/watch?v=FJ6WRFQoSYc
FLUITJIEBLASER OF DOOFSTOMME: Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?
"Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?"
“Fluitjieblasery is ’n moeilike ding.
Ek kan jou byna waarborg die een of ander stelsel gaan jou pootjie en hard op jou gesig laat val.
Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.”– Kobus Hoffman
...
https://www.youtube.com/watch?v=gnxQmiGSses
Gelowiges se begrip en beoordeling van regerings en state kan gesien word as roepings wat nodig is om groot kerklike besinning te weeg te bring. Verstaan die aard van staatsowerhede, wat God van hulle verwag en dan kan reaksies uitgewerk word.
Reformatoriese Perspektiewe op Burgerlike Verset, Weerstand en Rebellie.
Gelowiges is ongetwyfeld op ‘n botsingskoers met die staat, omrede elkeen in die toekoms gekonfronteer sal word om, òf die staat gehoorsaam te wees en daardeur tronkstraf vry te spring en daardeur aan God ongehoorsaam te wees, òf God gehoorsaam te wees en geregtelike vervolging in die oë te staar.
Tydens hierdie byeenkoms is gepoog om:
- gelowiges met die aard, omvang en wese van die bedreiging vertroud te maak;
- met inbegrepe van Art. 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis en Vindiciae Contra Tyrannos, asook die Bybels begronde optrede van vername die Hervormers en historiese kerkleiers in tye van vervolging en verdrukking, grondleggingswerk vir ‘n Bybelsgefundeerde standpunt te doen wat elkeen van ons effektief kan gebruik om ons optrede in te rig volgens Die Skrif.
12:30 Die NGB art. 36 en die konsep van die mindere magistrate: bestaan die konsep nog in nasies state? Enkele riglyne vanuit die Magdeburg Konfessie oor die aangeleentheid.
HP Steyn het dit aangebied. Hy kan gekontak word by hp@kragdag.co.za
Navrae kan gerig word aan Frik Wentzel - 071 897 1009
...
https://www.youtube.com/watch?v=GiI6BiG9OnU
Boermedia het gaan kuier by die Goliat van Gat pampoenfees in Silverton Pretoria, daar by die Pretoria Boeremark.
Die inweeg het die Saterdagmiddag plaasgevind en die prysuitdeling het omstreeks 18:00 plaasgevind. Wykus Lamprecht het die Goliat van Gat rekord gebreek - sy pampoen was 790kg.
Kyk lekker saam hoeveel genot hierdie dag opgelewer het!!
#Boermedia #TLUSA #Pampoenfees #Boeremark
...
https://www.youtube.com/watch?v=L8yRWUH56x8
Laaste dag, laaste skof - Die perdekommando arriveer vanmiddag in Bloedrivier - Dankbaar!!
Mag jy en jou familie 'n geseënde Geloftedag hê!! Aan God Alleen Al die EER!! Vertel dit aan die volgende geslag. Neem deel aan jou volk se kultuuraktiwiteite.
#Boermedia #bittereinderkommando #groottrek185 #bloedrivier
...
https://www.youtube.com/watch?v=_NkechtgVx0
Jean du Plessis Steyn het die Jan FE Cilliers-prys verower in die Afdeling: Taal en Kultuur.
Hartlik Geluk, Jean!
■□
Hierdie afdeling is deur The Legends Billiards Room geborg. Besoek hul gerus op facebook.
■□
Indien jy ‘n kopie van Stemme uit die Suiderland XVIII wil aanskaf, skakel gerus ???-????-??? of stuur ‘n e-pos aan ???@?????????.???.??
#boermedia #gedigte #gha
...
https://www.youtube.com/watch?v=cek05BW3qYk
Voordat die Kongres begin gesels ons vinnig met Henk van de Graaf oor hulle tema: Die 4 seisoene van Landbou.
TLU SA se nasionale kongres vind vandag 6 September 2023 plaas by die Voortrekkermonument. Volg TLU SA se blad vir meer inligting.
Ons sal ook deur die loop van die dag videos plaas met gesprekke van bestuur, boere of ander rolspelers.
“Dit is vir ons, as oudste landbou-organisasie in Suid-Afrika, ’n groot voorreg om vanjaar ons kongres op hierdie besonderse terrein aan te bied,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “Die geskiedkundige verbintenis is iets wat ons koester.”
TLU SA en die Voortrekkermonument het gesamentlik op 16 Februarie 2022 ‘n boom in die Trekroetetuin by die Bloukrans Monument geplant ter herdenking van diegene wat in die nag van 16 en 17 Februarie 1838 by Bloukrans en Weenen vermoor is, asook vir die slagoffers van plaasmoorde en landelike geweld in eie konteks. TLU SA nooi besoekers om dié terrein te besoek.
“Vir ons simboliseer die boom lewe en straal dit ook groeikrag en daadkrag uit met die daaglikse benutting van lewegewende vog vanuit diepgeankerde wortels,” sê Van Zyl. “Net so is ons boere diep geanker, ten spyte van plaasmoorde wat gesinne, plase en gemeenskappe se lewens onomkeerbaar verander, en put hulle krag uit hulle vaste geloof om hulle kultuuropdrag uit te leef.”
Vanjaar se kongrestema is “Die vier seisoene van landbou”. Dit verwys nie net na die uitdagings van die fisiese veranderende seisoene nie, maar ook die geestelike, moderne en politieke uitdagings wat landbou beïnvloed.
Die fluktuasies wat met die seisoenale skommelinge in landbou deel van die dag tot dag bestuur is het ons boere geskool om ook op ander terreine die uitkoms aan die anderkant van die vernietigende aanslae wat die lewe projekteer, betyds raak te sien en om dan daarop te fokus.
TLU SA bly toekomsgerig met die wete dat ons rentmeesters van die grond is en dus eintlik boer vir ons nageslag. Daarom word die toekoms ontgin gegewe die lesse wat ons vanuit die verlede en die hede geleer het.
“Wanneer ons by die boom in die Trekroetetuin staan word mens telkens stil oor die offer wat die mense wat voor ons hier was gebring het,” sê hy. “Mense wat nie net op die landbouterrein presteer het nie, maar ook op alle ander terreine geskep en gebou het, is die resultaat van ’n volk wat die verantwoordelikheid aanvaar van wat die lewe van ons elk vereis. Ons boere moet juis, gegewe die werklikhede van vandag, erkenning ontvang vir die rol wat hulle speel. Kommersiële boere is inderdaad die grootste bate waaroor ons land beskik en ons moet hulle koester.
#Boermedia #TLUSA #Landbou #Boere #TLUSAkongres
...
https://www.youtube.com/watch?v=pIEMhk1D2qw