‘n Negejarige Leerling van die E.P Baumann Primary School in Mayfair Johannesburg is vanoggend voor die skool ontvoer. Volgens getuies het die meisie se ma haar om kwart oor sewe by die skool afgelaai. Gewapende mans in ‘n wit Toyota Yaris het voor die skool gestop, die meisie se naam geroep, haar gegryp en toe weggejaag. Volgens die kind se ma eis die ontvoerders ‘n losprys. Die polisie ondersoek die saak.
Intussen het Amnestie Internasionaal in ‘n verklaring gevra dat wetstoepassers meer deursigtig moet wees oor die ontvoering van kinders in die land.
‘n Vloed van huldeblyke stroom in op sosiale media na die dood van die sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan. Jordaan is vanoggend oorlede na ‘n stryd met kanker. Amanda Strydom, Anton Goosen, Armand Hofmeyr, Steve Hofmeyr, Zelda le Grange en talle ander bekendes is van die mense wat hul leedwese in boodskappe laat blyk het op Facebook en Twitter. Leukemie is verlede jaar by Jordaan gediagnoseer en hy het in Maart vanjaar ‘n beenmurgoorplanting ondergaan. Jordaan was een van Afrikaanse musiek se suksesvolste kunstenaars met verkope van meer as ‘n miljoen albums sê Lydia Winchester
Die gewese kerel en vermeende moordenaar van Angelique Fourie, Christopher Stoffie Watson, het besluit om nie meer vir borgtog aansoek te doen nie. Watson het vroeer vandag in die landdroshof in Secunda verskyn. Watson het homself verlede week aan die polisie in Norkempark oorgee na die dood van Fourie in haar woonstel op Trichardt. Die saak is tot volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.
Die IVP het in weerwil van sy onderneming om nie met die ANC koalisie-ooreenkomste aan te gaan nie, aangekondig dat hy dit wel in KwaZulu-Natal gaan doen. Die partyleier Velenkosini Hlabisa het op ‘n mediakonferensie gesê die party het sy standpunt heroorweeg en besluit die ANC tog in die onbesliste munisipaliteite van KwaZulu-Natal te help. Volgens die ooreenkoms tussen die partye sal die party met die meeste steun in ‘n bepaalde munisipaliteit in beheer wees.
Suid-Afrikaners moet hulle staal vir nog ‘n rondte van beurtkrag, kort na verlede week se probleme. Eskom het fase twee vanaf 2uur vanmiddag ingestel. Dit sal tot Saterdag om 5uur die oggend duur. Dit kom nadat nog drie opwekkingseenhede onklaar geraak het nadat talle opwekkingseenhede reeds vroeer die gees gegee het. Eskom het reeds Dinsdag gewaarsku daar is enorme druk op die netwerk. Altesame vyf opwekkingseenhede het toe onklaar geraak en twee wat versien is kon nie weer aangeskakel word nie.
Munisipaliteite in Suid-Afrika skuld Eskom nou al meer as 41 miljard Rand. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het vandag tydens ‘n vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê dat wanbetaling ‘n groot probleem vir Eskom is, en dat dit stopgesit moet word. Die grootste oortreders is Soweto en die Maluti a Phofung munisipaliteit. Volgens Gordhan moet die probleem aangespreek word aangesien ‘n mens nie alles in die land gratis kan maak nie.
Strenger Veiligheidsmaatreëls geld vandag in Kampala, die hoofstad van Uganda na twee kragtige ontploffings die stad geruk gister geruk het. Twee selfmoordbomaanvalle is naby die parlement uitgevoer. Drie mense is dood. Die ontploffings is die jongste in ‘n string aanvalle wat die land die afgelope tyd teister. Die ontploffings het minute na mekaar gebeur. Die twee mense wat vir die aanval gebruik is het hulself as plaaslike motorfietstaxiryers vermom. ‘n Derde aanvaller het die sentrale polisiestasie in sy visier gehad.
FIFA het ontvangs erken van ‘n amptelike klagte van SAFA oor Bafana Bafana se nederlaag Sondag teen Ghana. Die omstrede oorwinning het verseker dat Ghana vir die Sokkerwereldbeker gekwalifiseer het. Die beslissende doel het gekom na ‘n strafskop omdat Rushine de Reuck glo vir Daniel Amartey laat val het. Videomateriaal wys egter dat dit nie die geval was nie. SAFA het op grond hiervan besluit om ‘n klag by FIFA in te dien en te vra vir ‘n herontmoeting tussen die twee lande.
Die Internasionale Olimpiese Komitee het ‘n nuwe raamwerk vir transgender inklusiwiteit bekendgestel berig. Volgens die komitee kan sportlui nie verbied word om mee te ding op grond van beweerde onregverdige voordele weens hul geslag nie. Die beheerliggaam het egter erken dat hy nie regulasies kan voorskryf as kriteria vir elke sportsoort nie. Die onderskeie federasies moet dus self vasstel en besluit of ‘n transgender deelnemer onregverdige voordeel geniet. Die raamwerk is nie wetlik verpligtend nie. Volgens die IOK sal geslagtoetse en indringende fisieke ondersoeke ook oneerbiedig wees.
...
https://www.youtube.com/watch?v=n4v2EnriXrQ
Dr Angelique Coetzee, voorsitter van SAMA, vertel aan Nuuspod waarom die alombekende veemedisyne nie voorgeskryf kan word nie.
...
https://www.youtube.com/watch?v=Sftc_xsdKBU
Bankbesonderhede: Nuuspod Pty Ltd ABSA Tjekrekening 4101 228 985
Stroomop is Nuuspod se daaglikse kommentaar op koerantvoorblaaie en ander aanlyn nuus.
...
https://www.youtube.com/watch?v=pA-FO3a6FO0
Bankbesonderhede: Nuuspod Pty Ltd ABSA Tjekrekening 4101 228 985
Stroomop is Nuuspod se daaglikse kommentaar op koerantvoorblaaie en ander aanlyn nuus.
...
https://www.youtube.com/watch?v=s8CJHUehcpE
Bankbesonderhede: Nuuspod Pty Ltd ABSA Tjekrekening 4101 228 985
Stroomop is Nuuspod se daaglikse kommentaar op koerantvoorblaaie en ander aanlyn nuus.
...
https://www.youtube.com/watch?v=aPfVZq7ffYU